Anna die profetes

Anna het ‘n paar woorde gehad oor wat Jesus in sy lewe hier op aarde sou doen.
Anna was ‘n baie toegewyde ou dame wat in die tempel in Jerusalem gewoon het en haar dae in vas en gebed deurgebring het.

Anna het destyds, soos baie Jode, gewag vir die koms van die Messias.
Sy het gesê: “ Hierdie baba is die Messias waarop almal wag. ”

In Hebreeus beteken Anna of, Hannah: guns of genade.
Anna is een van die Griekse en Latynse variante van die Hebreeuse naam Hannah of Channah.

Agtergrondlees:- Anna die profetes

36 Daar was ook ‘n profetes, Anna, ‘n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood 37 het sy weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid. 38 Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.
Lukas 2:36-38


Ander modules in hierdie eenheid