‘n Engel van die Here het aan Josef in ‘n droom verskyn

‘n Engel van die Here het in ‘n droom aan Josef verskyn en hy het gesê; “ Neem Maria as u vrou huis toe. ”
Toe Josef wakker word, het hy gedoen soos die engel hom beveel het om te doen.
Maria en Josef beland in Betlehem waar die geboorte plaasgevind het.

In Hebreeus beteken Josef: vermeerder.

In die Bybel is die naam Joseph vir die eerste keer genoem as die elfde seun van Jakob, en die eerste seun van Jakob se vrou, Ragel. Die seun van Jakob, Josef, het die jas van baie kleure gehad, en hy het God sy hele lewe lank met integriteit gedien.
Maria se man, Josef, is waarskynlik na hierdie Josef uit die boek Genesis vernoem.

Agtergrondlees:- ‘n Engel van die Here het aan Josef in ‘n droom verskyn

18 Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.
Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom. 19Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek. 20 Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. 21 Sy sal ‘n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”
22 Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:
23 “Die maagd sal swanger word
en ‘n Seun in die wêreld bring,
en hulle sal Hom Immanuel noem.”
Die naam beteken God by ons.
24 Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou. 25 Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.
Matteus 1:18-25

Meer inligting:
Die geboorte van Jesus kan ook bekend staan as die Kersverhaal.

Die geboorte van Jesus het tyd in vC en nC verdeel. Op hierdie tydstip was Israel onder Romeinse besetting.
Die Romeine het elke 14 jaar ‘n sensus of hooftelling van die aantal mans gehad vir belasting en militêre doeleindes.


Ander modules in hierdie eenheid