Die wyse manne het die ster na ‘n huis gevolg

Die Magi, ook bekend as die wyse manne, volg die leidende ster en kom by Jesus se huis. Hy is nou nege tot agtien maande oud. Die Bybel sê die Magi het ‘n paidion (Grieks) gevind, ‘n kind ouer as ‘n pasgebore baba, maar steeds jonger as twee jaar.

Ons weet nie of die ster ‘n natuurlike ster was of een wat God geskep het met die oog op Jesus se geboorte nie.

Die Magi is die eerste opgetekende heidene in die Bybel wat Jesus aanbid as die Seun van God hier op aarde. Die Magi het miskien gekom uit die gebied wat ons nou Irak noem. Indien so, was dit waar Daniël gewoon het.

Agtergrondlees:- Wyse Manne volg die ster

9 Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. 10 Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly.
Matteus 2:9-10


Ander modules in hierdie eenheid