Josef neem Jesus en ontsnap na Egipte

‘n Engel het ‘n boodskap vir Josef – “ Gaan na Egipte. ”
Koning Herodes is op soek na Jesus om hom dood te maak, want hy dink dat Jesus koning in plaas van hom kan word. Per slot van rekening was Herodes nie van die lyn van koning Dawid nie en hy was nie ‘n Jood nie.

Na die Wyse Manne vertrek, het Josef ‘n droom gehad waarin ‘n engel vir hom sê om Maria en Jesus na Egipte te neem. Hulle vertrek onmiddellik en kom nie terug voordat die engel vir hom sê om terug te keer nie.

In daardie tye het Egipte ver buite die noordekant van die Suezkanaal gestrek.

Agtergrondlees:- Die ontsnapping na Egipte

13 Nadat hulle vertrek het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”
14 Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek 15 en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur ‘n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”
Matteus 2:13-15


Ander modules in hierdie eenheid