Die engel Gabriël het met Maria oor Jesus se geboorte gepraat

Miriam, Maria soos ons haar in Afrikaans noem, was ‘n toegewyde Jood wat in die stad Nasaret gewoon het. Die engel Gabriel het vir Maria gesê dat sy ‘n baba gaan hê en hom Jesus sal noem. Elizabeth, haar niggie, was destyds ses maande swanger.

Maria noem haarself ‘n slaaf van die Allerhoogste God as sy die engel beantwoord. “ Ek is die dienskneg van die Here. ”

Die woord dienskneg, in Grieks, beteken: ‘n slaaf van die verband.

In Hebreeus beteken Gabriël : God is magtig.

Lukas hoofstukke 1:1-2:52 & 3:21-38
Matteus hoofstukke 1:1-25 en 2:1-23

God het engele gebruik om dinge wat Hy gaan doen aan die mensdom aan te kondig. Byvoorbeeld: Abraham, Daniël en Johannes in die boek Openbaring.

Agtergrondlees: – Die geboorte van Jesus voorspel

Lukas 1:26-38
26 In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. 27 Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria. 28 Toe die engel by haar kom, sê hy: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.”

29 Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken. 30 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. 31 Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, 33 en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
34 Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” 35 Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. 36 Kyk, ‘n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ‘n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand. 37 Niks is vir God onmoontlik nie.” 38 Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

Meer inligting:
Gabriël is een van slegs drie engele wat in die Bybel genoem word.

Die ander twee is Mígael, wat ook God dien, en Satan wat teen God in opstand gekom het en ons weet wat sy einde sal wees.


Ander modules in hierdie eenheid