Die terugkeer van Egipte na Nasaret

Nadat Koning Herodes dood is, het ‘n engel van die Here aan Josef gesê om Maria en Jesus terug te neem na die land Israel.
Jesus sou tussen twee en vyf jaar oud gewees het.

Josef het bevind dat een van koning Herodes se seuns, Archelus, op sy plek in Judéa regeer het. Hy was ‘n baie slegte heerser en Josef was bang. Na nog ‘n droom keer Josef terug na Nasaret in Galiléa.

Daar is dus vervul wat deur die profete gesê is, “ Jesus sal ‘n Nasaréner genoem word, ” al is Hy in Betlehem gebore.

Agtergrondlees:- Die terugkeer uit Egipte

19 Na die dood van Herodes verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef in Egipte 20 en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en gaan terug na die land van Israel toe, want die mense wat die Kindjie se lewe gesoek het, is dood.”
21 Josef het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder geneem en na die land van Israel toe teruggegaan. 22 Toe hy egter verneem dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was Josef bang om daarheen te gaan. Nadat God hom in ‘n droom ‘n aanwysing gegee het, is hy na die landstreek Galilea toe. 23 Daar aangekom, het hy gaan woon in ‘n dorp met die naam Nasaret. So is vervul wat deur die profete gesê is: Hy sal Nasarener genoem word.
Matteus 2:19-23


Ander modules in hierdie eenheid