Elisabet was deur Maria besoek

Elisabet was deur Maria besoek.

Agtergrondlees:- Maria besoek Elisabet

38 Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na ‘n dorp in die bergstreek van Judea gegaan. 40 Daar het sy in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet. 41 Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul 42 en het hard uitgeroep:
“Geseënd is jy onder die vroue
en geseënd is die vrug van jou moederskoot!
43 Waaraan het ek dit te danke
dat die moeder van my Here
na my toe kom?
44 Kyk, net toe die geluid van jou groet
in my ore klink,
het die kindjie in my van vreugde beweeg.
45 Gelukkig is sy wat glo
dat in vervulling sal gaan
wat die Here vir haar gesê het!”
Lukas 1:41-45

Verdere inligting:


Ander modules in hierdie eenheid